“So het die koning van Israel dan getrek en die koning van Juda en die koning van Edom; maar nadat hulle ’n pad van sewe dae omgetrek het, was daar geen water vir die leër en die vee wat in hulle voetspore gevolg het nie. Toe sê die koning van Israel: Ag, die Here het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee! En Jósafat vra: Is hier nie ’n profeet van die Here, dat ons deur hom die Here kan raadpleeg nie? Toe antwoord een vandie koning van Israel se dienaars en sê: Hier is Elísa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elía gegiet het. Daarop sê Jósafat: By hom is die woord van die Here. So het die koning van Israel en Jósafat en die koning van Edom dan na hom afgegaan.” – 2 Konings 3:9-12 (AOV)
WAT IS ELISA SE REAKSIE?
“Maar Elísa het aan die koning van Israel gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want die Here het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee. En Elísa sê: So waar as die Here van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir die persoon van Jósafat, die koning van Juda, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie. Maar bring nou vir my ’n siterspeler. En toe die siterspeler op die snare speel, het die hand van die Here op hom gekom …” – 2 Konings 3:13-15 (AOV)
ELISA GEE HULLE ‘N BELAGLIKE OPDRAG
“… en hy het gesê: So spreek die Here: Maak hierdie dal vol gate. Want so spreek die Here: Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen reën sien nie, en tog sal hierdie dal vol water word, sodat julle self en julle vee en julle ander diere kan drink. Ja, dit is nog te gering in die oë van die Here: Hy sal ook die Moabiete in julle hand gee.” – 2 Konings 3:16-18 (AOV)
WAT BETEKEN DIT VIR ONS? NET GOD KAN DIE WATER STUUR, MAAR JY MOET DIE SLOOT GRAWE
“Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.” – Jakobus 2:26 (AOV)
“En hulle het ’n verlamde man wat op ’n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: “Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe …” toe sê toe Hy vir die verlamde man: “Staan op, neem jou bed en gaan huis toe.” Hy het opgestaan en huis toe gegaan …” – Matteus 9:2, 6b – 7 (AOV)
“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.” – Hebreërs 11:6 (AOV)
“En die volgende môre, omtrent die tyd dat hulle die spysoffer bring, kom daar meteens water van die kant van Edom af, sodat die land vol water geword het.” – 2 Konings 3:20 (AOV)
IN WATTER AREA VAN JOU LEWE MOET JY ‘N SLOOT GRAWE?
Leave a Reply