Hierdie is ons belangegroepe wat op gereelde basis bymekaar kom om hulle stokperdjie,
sport of liefde vir ’n belangstelling te deel.
Gholfaksie

Geniet jy ‘n rondte gholf? Dalk moet jy nog leer hoe om dit te geniet. Enige persoon is welkom om by ons in te skakel.

Kampeeraksie

Hou jy van kamp en die natuur? Wil jy wegbreek saam met mense net soos jy? Kom geniet ‘n naweek van ontspanning en kuier saam met ander gesinne in KruisWeg gemeente.

Jagaksie

Eenmaal ‘n jaar gaan ons van ‘n Donderdag tot ‘n Sondag weg. Tradisioneel word daar die Vrydag ‘n rondte gholf ook gespeel by nabygeleë baan.

Hengelaars

Gereelde hengel uistappies word gereël en jy kan kom saam hengel vir die dag of selfs ‘n aand oorbly.

Motorfietsaksie

Die motorfietsgroep het gewoonlik die laaste Sondag van die maand ‘n “Breaksfast Run”. Indien jy ‘n motorfiets het en daarvan hou om saam met ‘n groep mense te ry is hierdie groep vir jou.

Stuur vir Ewald ’n E-pos