God het oneindige genade vir mense, en dit motiveer Christene om hard te werk.

1. GOD SE WERK

“As gevolg van julle verkeerde lewe en sondes was ook julle geestelik dood. Julle leefstyl destyds is bepaal deur hierdie bose wêreld, ja, deur die regeerder van die mag wat in die lug is. Dit is die gees wat nou nog werk in almal wat aan God ongehoorsaam is. Ons almal het vroeër so gelewe. Ons gedrag is bepaal deur ons sondige begeertes. Elke sondige wens wat in ons gedagtes opgekom het, het ons sommer net gedoen. Soos die ander mense was ons vanselfsprekend vir God se straf bestem. Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is! Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee.” – EFESIËRS 2:1-6 (NLV)

“Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.” – FILIPPENSE 1:6 (NLV)

“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.” – ROMEINE 8:28 (NLV)

Drie waarhede om te leer:

1. God het van die begin af gewerk om ons weer geestelik lewendig te maak en deel van Sy koninkryk te maak

2. God werk elke dag binne my en jou om ons te help groei

3. God is konstant besig om alle onvoorspelbare situasies te gebruik sodat dit in jou lewe kan saamwerk

2. WAT IS DIE VRUG VAN DIE MENS SE HARDE WERK

“Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” – EFESIËRS 2:8-10 (NLV)

“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” – MATTEUS 5:16 (AFR 83)

“Die apostels het van die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly. En hulle het nie opgehou om die mense elke dag in die tempel en in hulle huise te leer en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is nie.” – HANDELINGE 5:41-42 (AFR 83)

• Daar is niks wat ek vir God kan gee wat Hy nie reeds het nie, maar as my goeie werke Hom verheelik, kies ek om dit elke dag beter en beter te doen

• Ons perspektief oor werk hoef nie negatief te wees nie, Chrsitene het alle rede om hard te werk. “Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.” – KOLOSSENSE 3:23 (NLV)