Van ‘n liggaam na ‘n leërmag - Wen die geveg!

Waar is jy en waar wil jy graag wees?

  • Bring die manier hoe jy dink onder die bloed van Jesus

“Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,” 2 Korintiërs 10:3-6 (AFR53)

“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis,…”

Openbaring 12:11a (AFR53)

“Die slang was listiger as al die diere wat die Here God gemaak het. “Is dit regtig so?” vra hy vir die vrou. “Het God regtig gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie?” “Natuurlik mag ons van die vrugte eet,” sê die vrou. “Dis net van die vrugte van die boom in die middel van die tuin wat ons nie mag eet nie of selfs aan raak nie, anders sal ons sterf.”“Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.” Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om ’n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk ’n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet. Toe gaan hulle oë werklik oop en besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself toe te maak.” – Genesis 3:1-7 (NLV)

“Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.” – Numeri 13:33 (AFR53)

WAT HET DIE SATAN IN JOU KOP GEPLANT?

  • Vrees
  • Bekommernis
  • Versoeking
  • Swak selfbeeld
  • Onsekerheid

HOE GAAN JY HIERDIE GEVEG WEN?

“Toe sê die Here God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.”

Genesis 3:14-15 (AFR53)

“Aan God kom ons dank toe – Hy wat aan ons die oorwinning oor die sonde en die dood gee deur Jesus Christus ons Here!” – 1 Korintiërs 15:57 (NLV)

Hoe maak jy jou gedagtes gehoorsaam aan Jesus Christus?

  • Identifiseer en weeg dit op teen die Woord
  • Leer die waarheid

“Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees.” – Deuteronomium 11 :18 (AFR53)

  • Verander die storie

“Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.” – Filippense 4:8 (NLV)

  • Tree op as kind van God
  • Herhaal die beloftes van God vir jouself