Baken van Hoop - Waar is U, Here

WAT BETEKEN HABAKUK?

Om vas te gryp / Om te omhels

“Here, hoe lank moet ek nog roep om hulp? U luister nie na my nie. Geweld! roep ek baie hard, maar U red my nie. Waarom laat U my die onreg en die ellende om my sien? Waar ek ook al kyk, sien ek vernietiging en geweld. Ek is omring deur mense wat daarvan hou om te stry en te baklei. Die wet het sy krag verloor en is onbruikbaar. Reg seëvier ook nie in die howe nie. Daar is baie meer goddelose mense as dié wat reg doen. Daarom is die regsuitsprake verdraaid.” – Habakuk 1:2-4 (NLV)

“Die Here het geantwoord: “Kyk na die nasies en staan verbaas! Let op en staan verstom! Ek doen iets in jou leeftyd, iets wat jy nie sou glo as iemand anders jou dit vertel nie.” – Habakuk 1:5 (NLV)

“Ek laat toe dat die Galdeërs die nuwe wêreldmag word. Hulle is wreed en gewelddadig, ’n nasie wat die wêreld deurkruis om ander se woonplekke af te neem. Hulle is bekend vir hulle verskriklike wreedheid. Hulle doen net wat hulle wil en niemand kan hulle keer nie.” – Habakuk 1:6-7 (NLV)

Asaf

“Maar my voet het byna gestruikel. Ek het my vastrapplek byna verloor. Want ek het die verwaandes beny, die goddeloses se voorspoed het ek gesien. Hulle het geen lyding nie, en is vet en gesond. Hulle het nie sorge soos sterflinge, of teëspoed soos ander mense nie.” – Psalm 73:2-5 (NLV)

Jeremia

“Here, U het my omgepraat en ek het my laat ompraat. U is baie sterker as ek, U het my oorweldig. Nou bespot hulle my heeldag, almal lag vir my. As ek praat, moet ek elke keer net uitroep: Geweld en vernietiging! Die boodskap wat die Here vir my gegee het, veroorsaak dat almal my aanhoudend spot.” – Jeremia 20:7-8 (NLV)

“Ek verwens die dag wat ek gebore is! Mag niemand my geboortedag ooit as gelukkig beskou nie. Ek verwens die dag toe iemand vir my pa die nuus gebring het: Geluk, jy het ’n seun!”

– Jeremia 20:14-15 (NLV)

JY KAN EEN VAN DRIE DINGE DOEN:

1. Leef in ontkenning

2. Draai jou rug op God

3. Hou aan worstel en staan op die karakter van God

“My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.” – Jakobus 1:2-4 (NLV)

“O Here my God, my Heilige, U is daar van altyd af. Sekerlik is dit tog nie u plan om ons uit te wis nie! O Here, ons Rots, U het die Babiloniërs aangestel om ons te straf. U is te regverdig om onreg te duld. Maar is dit vir U moontlik om met gevoeligheid te sien hoe hulle ons verswelg? Is dit reg dat U stilbly terwyl goddeloses dié verslind wat meer regverdig is as hulle? Is ons maar soos visse wat gevang en doodgemaak word? Is ons soos kruipende insekte, sonder iemand om hulle te lei?” – Habakuk 1:12-14 (NLV)