1. Dit waaroor ek droom, vorm my
“Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan.” – Spreuke 27:19 (NLV)
“Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.” – Spreuke 4:23 (NLV)
2. Verbeelding is nodig vir my en jou om in geloof te leef
“Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.” – Hebreërs 11:1 (NLV)
“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.” – 2 Korintiërs 4:18 (NLV)
3. God se droom vir my lewe is baie groter as die droom wat ek vir my lewe het
“Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak sodat julle sal kan besef wat julle van Hom kan verwag noudat Hy julle na Hom toe geroep het.” – Efesiërs 1:18a (DB)
“God can do anything, you know—far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams! He does it not by pushing us around but by working within us, his Spirit deeply and gently within us.” – Ephesians 3:20 (MSG)
4. Twyfel is ‘n vyand vir drome
“Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.” – Jakobus 1:5-7 (NLV)
“Jesus vra toe vir die pa: “Hoe lank gebeur dit nou al met hom?” “Van kleins af,” was sy antwoord. “Die gees het hom al baie keer probeer doodmaak deur hom in die vuur of in die water te laat val. Kry ons tog jammer en help ons as U kan!” “As Ek kan, sê jy,” het Jesus hom geantwoord. “As ’n mens glo, is álles moontlik!” “Ek glo!” roep die kind se pa dadelik uit. “Help my tog om nie meer te twyfel nie!” – Markus 9:21-24 (NLV)
5. God se Woord en Gees is die brandstof vir my drome
“En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees; … Julle ken Hom egter, omdat Hy by julle gaan bly en in julle sal woon.” Johannes 14:16 & 17b (NLV) “Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie…Leer my verstaan die betekenis van u bevele, sodat ek u wonders kan oordink.” – Psalm 119: 18 & 27 (NLV)
6. Karaktergroei maak jou droom duideliker
“En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken. Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is.” – 2 Petrus 1:5-9 (AFR83)
7. As ‘n droom van God af is, sal dit verbind wees aan Sy kerk en Sy plan met die wêreld
“Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” – Matteus 28:18-20 (AFR83)
“As julle probeer om julle lewe selfsugtig vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My en ter wille van die Goeie Nuus prysgee, sal julle dit juis red.” – Markus 8:35 (NLV)