GOD HET NIE VERANDER NIE
“Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” Hebreërs 13:8 (NAV)
KENMERKE VAN DIE EERSTE KERK
“By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: “Wat moet ons doen, broers?”
Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.” Met nog baie ander woorde het Petrus getuig en hulle aangespoor: “Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit.” Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg. Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.” – Handelinge 2:37-42 (NAV)
WAT HET HIERDIE KERK GEDOEN?
WAT LEER DIE KERK VIR ONS?
“Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid …” – Handelinge 2:42a (NAV)
“… die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.” – Handelinge 2:42b (NAV)
“Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel.” – Handelinge 2:44 (NAV)
“Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet …” – Handelinge 2:46 (NAV)
“Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.” – Handelinge 2:47b (NAV)