WIE IS GOD?
“Die Here is ’n vegter; sy Naam is “Here”.” – Eksodus 15:3 (NLV)
“The Lord is a warrior; The Lord is His name.” – Exodus 15:3 (AMP)
“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.” – Matteus 10:34 (AOV)
“Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.” – Matteus 10:35-36 (AOV)
“Don’t think I’ve come to make life cozy. I’ve come to cut – make a sharp knife-cut between son and father, daughter and mother, bride and mother-in-law – cut through these cozy domestic arrangements and free you for God. Well-meaning family members can be your worst enemies.” – Matthew 10:34-36 (MSG)
“Radical obedience to Christ is not easy… It’s not comfort, not health, not wealth, and not prosperity in this world. Radical obedience to Christ risks losing all these things. But in the end, such risk finds its reward in Christ.” – David Platt, Radical
“Toe het ek gesien die hemel is oopgemaak. En kyk! Daar verskyn ’n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en Betroubare genoem. Hy oordeel op ’n regverdige manier en voer ook só oorlog. Sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Op Hom was ’n Naam geskryf wat niemand anders as net Hyself geken het nie. Hy het klere aangehad wat in bloed gedoop is, en sy Naam was: Die Woord van God. Uit sy mond het daar toe ’n skerp swaard gekom om die nasies mee te verslaan, en Hy sal hulle soos met ’n ysterstaf beheer. Hy sal self die parskuip vir die wyn trap, dit is die wyn van die toorn en woede van God, die Almagtige. Op sy kleed, by die heup, was ’n Naam geskryf: “Koning van die konings en Here van die heersers.”” – Openbaring 19:11-13, 15-16 (NLV)
AS VEGTER HET ONS:
- Iemand om te beskerm;
- Jouself
- Jou huwelik
“Ek het ‘n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op ‘n jonkvrou?” – Job 31:1 (AOV)
“I made a solemn pact with myself never to undress a girl with my eyes.” – Job 31:1 (MSG)
- Jou gesin
“Daarna, toe ek agterkom dit is nodig, het ek die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk toegespreek: “Moenie vir hulle bang wees nie. Dink aan die Here, groot en ontsagwekkend, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise.”” – Nehemia 4:14 (NAV)
- ‘n Koninkryk om uit te brei;
“En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak …” Lukas 9:1-2 (AOV)
- ‘n Stryd om te oorwin.
HOE OORWIN EK DIE VYAND?
“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.” – Openbaring 12:11 (AOV)
“They defeated him through the blood of the Lamb and the bold word of their witness. They weren’t in love with themselves; they were willing to die for Christ.” – Revelation 12:11 (MSG)