“En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes …” – 1 Korintiërs 15:14;17 (AOV)
“Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ’n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word” – 1 Korintiërs 15:20-22 (AOV)
OMDAT JESUS DIE DOOD OORWIN HET
- Kan ons ’n lewe in oorvloed hê.
“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” – Johannes 10:10 (AOV)
“I have come in order that you might have life – life in all its fullness.” – John 10:10 (GNB)
“The thief comes only in order to steal and kill and destroy. I came that they may have life, and have it in abundance [to the full, till it overflows].” – John 10:10 (AMP)
- Is daar vir ons redding.
“Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” – Johannes 3:17 (AOV)
- Is Sy krag tot ons beskikking.
“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.
Dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het is vir my en jou beskikbaar.” – Efesiërs 1:18-21 (NAV)
- Is daar vir my en jou hoop.
“Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.” – 1 Petrus 1:3 (AOV)