Bill Hybels: Vyf maniere van vervulling

1. “Connect” met God

2. Tyd saam familie

3. Oefening

4. Bevredigende werk

5. Ontspanning

Jesus se oorwinning, oor die moeilike tye (die storms) in Sy lewe is moontlik deur Sy afhanklikheid van gereelde ontsnapping.

1. Jesus se oorwinning oor die moeilike tye in Sy lewe

“Consequently, just as one trespass resulted in condemnation for all people, so also one righteous act resulted in justification and life for all people.” – Romans 5:18 (NIV)

Jesus as:

1. Ons plaasvervanger in goeie dade/totale gehoorsaamheid (in gedagtes ook).

2. Ons plaasvervanger m.b.t. tot die straf vir al ons sondes.

“Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.” – 1 KORINTIËRS 15:55-57 (AFR83)

2. Jesus se afhanklikheid van gereelde ontsnapping

Vyf kere wat Jesus ontsnap het in Sy lewe

1. Voorbereiding

“Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word.” – MATTEUS 4:1 (AFR83)

2. Verlies

“Toe Jesus dit hoor, het Hy met ‘n skuit daarvandaan weggegaan na ‘n stil plek om alleen te wees.” – MATTEUS 14:13a (AFR83)

3. Belangrike keuses

“In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God. Toe dit dag word, het Hy sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy ook apostels genoem het.” – LUKAS 6:12-13 (AFR83)

4. Tye van angs

“Daarna kom Jesus met sy dissipels by ‘n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” Hy het ‘n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” – MATTEUS 26:36-39 (AFR83)

5. Daaglikse oorwinning

“Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ‘n eensame plek en daar gebid.” – MARKUS 1:35 (AFR83)

As dit vir Jesus belangrik was om te ontsnap, dan is dit vir ons as Christene ook belangrik.