Wat is jou siel werd- Mismoedig

WAT IS JOU KOSBAARSTE BESITTING?

“We live in a world that teaches us to be more concerned with the condition of our cars, or our career, or our portfolios than the condition of our souls. Maybe because a dent in a soul is more easily concealed than a dented car. Maybe a dented soul is harder to fix.” – John Ortberg – Soul Keeping

“Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?” – Matteus 16:26 (AFR53)

ONS IS ‘N SIEL MET ‘N LIGGAAM, NIE ‘N LIGGAAM MET ‘N SIEL NIE

“We are unceasing spiritual beings with an eternal destiny in God’s great universe.” – Dallas Willard

HOE GAAN DIT MET JOU?

HOE GAAN DIT MET JOU SIEL?

“Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder en my God!” – Psalm 42:6-7a (NLV)

WAT MAAK ONS SOMS SO MISMOEDIG?

1. Daar is soveel seer uit die verlede. “Wanneer ek aan my pyn en my hartseer dink, word ek bitter. Ek sal nooit ooit vergeet van hierdie slegte tyd nie.” – Klaagliedere 3:19-20 (NLV)

2. Ons huidige omstandighede is besig om ons plat te trek.

“Nou het die ramp jou getref, en jy is platgeslaan; dit het jou oorgekom, en jy is verslae.” – Job 4:5 (AFR83)

3. Ons is bekommerd oor die toekoms.

“Toe kom hulle in ‘n plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels: “Sit hier onderwyl Ek gaan bid.” En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word. En Hy sê vir hulle: “My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak.” – Markus 14:32-34 (AFR53)

“And He said to them, “My soul is deeply grieved and overwhelmed with sorrow, to the point of death; remain here and keep watch.”

HOE PREEK JY VIR JOU SIEL?

1. Herinner jou siel aan God se getrouheid in die verlede.

“Wanneer ek aan my pyn en my hartseer dink, word ek bitter. Ek sal nooit ooit vergeet van hierdie slegte tyd nie. Tog is daar een ding waarop ek kan reken en waarop ek altyd sal hoop: Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut.” – Klaagliedere 3:19-23 (NLV)

2. Roep uit na God in jou huidige omstandighede.

“Ek roep tot die Here; ek pleit om die Here se genade. Ek het tot U gebid, Here. Ek het gesê: “U is my toevlug, my deel in die land van die lewendes.” – Psalm 142:2,6 (NLV)

3. Jy kan God vertrou met jou toekoms.

“Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom. By hom is ‘n vleeslike arm, maar by ons is die Here onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda.” – 2 Kronieke 32:7-8 (AFR53)