“En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle! Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ’n gees sien.” – Lukas 24:36-37 (AOV)

“En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?” – +Lukas 24:38 (AOV)

“Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ’n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.” – Lukas 24:39 (AOV)

“En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.” – Johannes 20:24 (AOV)

“Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.” – Johannes 20:25 (AOV)

“En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle! Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.” – Johannes 20:26-27 (AOV)

“En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!”Johannes 20:28 (AOV)

“… want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.” – Handelinge 17:28 (AOV)

“Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.” – Filippense 1:21 (AOV)