Masker - Hoe gaan dit _regtig_ met jou?

Hoe gaan dit “REGTIG” met jou?

“Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n wagter het nie.” – Matteus 9:36 (NLV)

“… He was moved with compassion and pity for them…” (AMP)

“When he looked out over the crowds, his heart broke.” (MSG)

“Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is.” – Matteus 23:27 (AFR83)

“Kort hierna het Jesus en sy dissipels na die dorp Nain gegaan met ’n groot skare wat Hom volg. Toe Jesus die dorpsingang nader, het ’n begrafnisstoet uitgekom. Die jong man wat gesterf het, was die enigste seun van ’n weduwee, en baie rouklaers van die dorp was saam met haar. Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry. “Moenie huil nie!” het Hy gesê. Toe het Hy na die draagbaar toe geloop en daaraan geraak, en die draers het gaan staan. “Jong man,” het Hy gesê, “Ek sê vir jou, staan op!” Toe het die dooie regop gesit en met die mense om hom begin praat! En Jesus het hom aan sy ma teruggegee. Groot vrees het die skare oorweldig – hulle het God geprys en gesê: “’n Magtige profeet het onder ons opgestaan!” en: “God het besluit om na sy mense om te sien!” Die berig oor wat Jesus die dag gedoen het, het deur die hele Judea en selfs oor die grense heen versprei.” – Lukas 7:11-16 (NLV)

“Toe die Here haar sien …” – Lukas 7:13a (NLV)

“… het Hy haar innig jammer gekry.” – Lukas 7:13b (NLV)

Innig jammer gekry – “splagnitsomai”

• Sy ingewande

• Sy lewer

• Sy hart

• Het gedraai en geskeur!

As Hy ons so sien:

• Breek Sy hart

• Skeur Sy hart

• En lek Jesus se hart liefde oor ons

“Moenie huil nie!” het Hy gesê.” – Lukas 7:13b (NLV)

“When the Lord saw the grieving mother, his heart broke for her. With great tenderness, he said to her, “Please don’t cry.” – Luke 7:13 (TPT)

LIEFDE STEEK GRENSE OOR

“Toe het Hy na die draagbaar toe geloop en daaraan geraak …” – Lukas 7:14a (NLV)

“Toe het die dooie regop gesit en met die mense om hom begin praat! En Jesus het hom aan sy ma teruggegee.” – Lukas 7:15 (NLV)