Gemiddelde ouderdom van persone wat met depressie saamleef:
• 1960 – 29 jaar
• Vandag – 14 ó jaar.
WAT DOEN JY AS JY ANGSTIG EN BENOUD IS?
1. PRAAT MET JOU VRIENDE
“Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering.” – 1 Korintiërs 2:3 (NLV)
“Toe kom hulle by ‘n plek met die naam Getsemane, en Jesus sê vir sy dissipels: “Sit hier terwyl Ek gaan bid.” Daarna neem Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het ontsteld en beangs geword…” – Markus 14:32-33a (AFR83)
“Toe pak ‘n geweldige onsteltenis en benoudheid Hom.” – Markus 14:33 (NLV)
“He plunged into a sinkhole of dreadful agony.” – Mark 14:33 (MSG)
“Christus het nooit enige sondes gedoen nie. Maar God het Hom aan die kruis in ons plek in sonde verander. Hy het al ons sondes daar op Christus afgelaai sodat ons wat in Hom glo se verhouding met God nou herstel is.” – 2 Korintiërs 5:21 (DB)
“Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak!” – Markus 14:34 (AFR83)
2. PRAAT MET JOU HEMELSE VADER
“Hy het toe ‘n entjie daarvandaan op die grond gaan kniel en gebid dat, as dit moontlik is, die uur van lyding nie vir Hom sou aanbreek nie. Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.” – Markus 14:35-36 (AFR83)
“Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” – 1 Petrus 5:7 (AFR83)
3. PRAAT MET JOUSELF
“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.” – Filippense 4:6-7 (NLV)