Baken van Hoop - Here, ek sal onthou

“Here, hoe lank moet ek nog roep om hulp? U luister nie na my nie. Geweld! roep ek baie hard, maar U red my nie. Waarom laat U my die onreg en die ellende om my sien? Waar ek ook al kyk, sien ek vernietiging en geweld. Ek is omring deur mense wat daarvan hou om te stry en te baklei. Die wet het sy krag verloor en is onbruikbaar. Reg seëvier ook nie in die howe nie. Daar is baie meer goddelose mense as dié wat reg doen. Daarom is die regsuitsprake verdraaid.” – Habakuk 1:2-4 (NLV)

“Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word. Wag geduldig, al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie.” – Habakuk 2:3 (NLV)

“’n GEBED van Hábakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonōt.” – Habakuk 3:1 (AFR53)

“A prayer of Habakkuk the prophet, set to wild and enthusiastic music.” Habakkuk 3:1 (AMP)

“A prayer of the prophet Habakkuk, with orchestra …” – Habakkuk 3:1 (MSG)

• “Strong emotion”

• “Impassioned exuberance”

• “Wild passionate singing with rapid changes of rhythm.”

• “High spirited praise”

“Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in u toorn.” – Habakuk 3:2 (AFR83)

“God kom van Teman af, die Heilige kom van Paranberg af. Sela Die hemelruim is vol van sy majesteit, die aarde vol van sy roem.” – Habakuk 3:2-3 (AFR83)

“Helder ligstrale flits uit sy hand, daar waar sy krag verskuil is. Pes gaan voor Hom uit, dodelike plae volg in sy voetspore. As Hy stilstaan, skud die aarde. Wanneer Hy kyk, bewe die nasies. Hy laat oeroue berge verkrummel en eeue oue heuwels platval. Ek sien die tente van Kusan bewe, die benoudheid van dié in Midian.” – Habakuk 3:4-7 (NLV)

“U deurboor die leier van die soldate met sy eie spies. Sy soldate storm uit soos ’n warrelwind, want hulle dink Israel is ’n maklike prooi. U vertrap die see met u perde sodat magtige waters opbruis. Toe ek al hierdie dinge hoor, het ek gesidder. My lippe het van vrees gebewe, my liggaam het lam geword, my bene het onder my ingegee. Tog sal ek rustig wag vir die dag wanneer rampspoed dié mense tref wat besig is om ons aan te val.” – Habakuk 3:14-16 (NLV)

“Selfs al sal die vyebome nie bot nie en die wingerd sonder druiwe staan, al het die olyfoes misluk, en lewer die landerye niks op nie, al vergaan die kleinvee in die veld en is die beeskrale leeg; tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die Here! Ek sal juig oor God wat my verlos! Die oppermagtige Here is my krag!” – Habakuk 3:17-19a (NLV)

“Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop.” – Habakuk 3:19b (NLV)