“Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper en my God!” – Psalm 42:12 (AFR83)
“‘n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.” – Psalm 121:1-2 (AFR83)
“Daarom kan ons met vertroue sê: ‘Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?’” – Hebreërs 13:6 (AFR83)
“We are made to live in continual dependence on God, in the context of surrender and interactive friendship.” – John Ortberg
“Op die derde dag was daar ‘n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water.” Hulle het dit tot bo toe volgemaak. Toe sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en gaan gee dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gedoen. Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom en sê vir hom: “‘n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrink het, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.” – Johannes 2:1-11 (AFR83)
“Christ turned water into wine, but the church has done something even more difficult; it has turned wine into water.” – Søren Kierkegaard
“Now that we know what we have – Jesus, this great High Priest with ready access to God – let’s not let it slip through our fingers. We don’t have a priest who is out of touch with our reality. He’s been through weakness and testing, experienced it all – all but the sin. So let’s walk right up to him and get what he is so ready to give. Take the mercy, accept the help.” – Hebrews 4:14-16 (MSG)