“En toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sê: Wees ons barmhartig, Seun van Dawid! En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here. Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof. En hulle oë het oopgegaan.” – Matteus 9:27-30a (AOV)
“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” – Hebreërs 11:6 (AOV)
WATTER TIPE GELOOF SAL GOD EER?
1. Geloof wat glo dat God die dinge wat ons nog nie sien nie, sal waar maak.
“Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” – Hebreërs 11:1 (AOV)
2. Geloof wat aanhou glo, selfs wanneer niks verander nie. “Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging…” – Kolossense 4:2 (AOV)
“Be persistent and devoted to prayer, being alert and focused in your prayer life with an attitude of thanksgiving.” – Colossians 4:2 (AMP)
3. Geloof wat werk al maak niks sin nie. “Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaardgegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het.” – Jakobus 2:22 (NAV)
“You see that [his] faith was working together with his works, and as a result of the works, his faith was completed [reaching its maturity when he expressed his faith through obedience].” – James 2:22 (AMP)