As ek aan my werk dink, dan is die volgende waar:
1. Ek is vasgevang in ‘n groef. JA/NEE
2. Ek is uitgebrand en moeg. JA/NEE
3. Ek is ongelukkig en ontevrede. JA/NEE
4. Ek is lusteloos en ongemotiveerd. JA/NEE
WERK IS ‘N NOODSAAKLIKHEID
“Toe het die Here God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.” Genesis 2:15 (AFR53)
“God took the Man and set him down in the Garden of Eden to work the ground and keep it in order.” Genesis 2:15 (MSG)
“Hy wat hard werk, sal genoeg kos hê om te eet. Hy wat rondstaan en gesels of met ander dinge besig is, is dom. Hy sal finansieël sukkel.” Spreuke 12:11 (DB)
“Work hard at your job and you’ll have what you need. Following a get-rich-quick scheme is nothing but a fantasy.” Proverbs 12:11 (TPT)
“For me the time of activity does not differ from the time of prayer. And in the noise and clutter of my kitchen, while several persons are calling together – calling for as many different things – I possess God, in as great tranquillity as when I am on my knees at the blessed sacrament.” Brother Lawrence
HOE JY WERK IS BELANGRIKER AS WAAR JY WERK
“Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees. En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.” Kolossense 3:22-24 (AFR53)
WANNEER LAAS HET JY GEBID VIR JOU WERK?
WAT IS DIE HERE BESIG OM DEUR JOU TE DOEN, BY DIE WERK?
“Daar is ’n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadnésar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel — u vader, o koning! — omdat in hom ’n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak — in Daniël aan wie die koning die naam van Béltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee.” Daniël 5:11-12 (AFR53)