Wat is ‘GENOEG’ in God se ekonomie?
• ‘GENOEG’ stel my in staat om met ander te deel. “Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. Daar was ‘n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, ‘n ryk man.” – Lukas 19:1-2 (AFR 83)
“Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. Hy hardloop toe vooruit en klim in ‘n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan.” – Lukas 19:3-4 (AFR 83)
“Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.” Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang. Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by ‘n sondige man tuis!”” – Lukas 19:5-7 (AFR 83)
“Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.” Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is ‘n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”” – Lukas 19:8-10 (AFR 83)
• Wanneer jy bewus raak van wat jy het, sal jy besef dat jy meer as genoeg het.
• Deur te sê ek het ‘GENOEG’, bely jy dat jy op die Here vertrou.
“…as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak.” – Jesaja 58:10-11a (AFR 83)
“Generosity is not just a good deed, but a declaration of belief about the world and the God who created it” – Gary Anderson, “Charity”
“Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here…” – Psalm 24:1 (NAV)