Waaghalsige Geloof - Gee jou beste

Alles wat jy vir die Here gee sal Hy gebruik en vermeerder, maar NET dit wat jy vir Hom gee sal Hy gebruik en vermeerder.

“Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.” – 2 Timoteus 1:7 (AFR83)

“Dra jou deel van die ontberings soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus. ‘n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie. ‘n Atleet wat aan ‘n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding. Die boer wat die harde werk doen, behoort eerste ‘n deel van die oes te kry. Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.” – 2 Timoteus 2:3-7 (AFR83)

DRIE BEELDE WAT ONS UITDAAG OM ONS BESTE TE GEE:

1. Soldaat

“Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg…” – Markus 8:34 (AFR83)

“When Christ calls a man, He bids him come and die.” – Dietrich Bonhoeffer

2. Atleet

“Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop …” Hebreërs 12:1 (AFR83) – 1 Korintiërs 9:24 | 1 Korintiërs 9:27

3. Boer

“Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes.” – 2 Korintiërs 9:6 (AFR83)

WAAG UIT EN GEE JOU BESTE!

Alles wat jy vir die Here gee sal Hy gebruik en vermeerder, maar NET dit wat jy vir Hom gee sal Hy gebruik en vermeerder.