Die Ewigheid - Is jy gereed?

DAAR IS NIKS BELANGRIKER AS DIE EWIGHEID NIE

“Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom!” – Psalm 90:12 (AFR53)

“Teach us to realize the brevity of life, so that we may grow in wisdom.” – Psalm 90:12 (NLT)

GOD HET EWIGHEID IN ONS HART GESIT

“Hy het alles mooi gemaak, Hy het aan die mens ’n visie gegee van die ewigheid. Tog kan mense nie die volle omvang van God se werk, van begin tot end, verstaan nie. Ek het besef daar is vir mense niks beter nie as om vrolik te wees en tydens sy lewe die goeie te geniet. Mense moet eet en drink en onder al hul moeite nog die goeie kan geniet. Dit is geskenke van God. Ek weet alles wat God doen, is vir ewig. Niemand kan daar iets byvoeg of daar iets van wegneem nie. God doen dit sodat die mens Hom sal eer.” – Prediker 3:11-14 (NLV)

“Uit sy hemelse woonplek wys God dat Hy baie kwaad is oor al die sondige dinge wat die mense hier op die aarde aanvang. Hulle verruil die waarheid vir leuens. Dis ’n groot fout, want God het alles wat hulle oor Hom behoort te weet binne hulle bereik geplaas. Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie.” – Romeine 1:18-20 (DB)

“Forever since the world was created, people have seen the earth and sky. Through everything God made, they can clearly see his invisible qualities – his eternal power and divine nature.” – Romans 1:20a (NLT)

“There are no ordinary people. You have never talked to a mere mortal. Nations, cultures, arts, civilizations – these are mortal, and their life is to ours as the life of a gnat. But it is immortals whom we joke with, work with, marry, snub and exploit …”- C.S. Lewis

“Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly, ons sal sake doen en wins maak.” Julle weet nie eers wat die lewe môre vir julle inhou nie! Julle is soos die oggendmis – dis vir ’n rukkie sigbaar, en dan is dit weer weg.” – Jakobus 4:13-14 (NLV)

“You are merely a vapor [like a puff of smoke or a wisp of steam from a cooking pot] that is visible for a little while and then vanishes [into thin air].” – James 4:14b (AMP)

TWEE VRAE:

1. As jy weet jy gaan vir ewig leef, wat is die tipe mens wat jy vandag wil word?

2. Is jy gereed vir die ewigheid?