Onbekende waters

TEMA: As jy jouself in onbekende waters bevind.

“Dae lank was die son en die sterre nie te sien nie en het die geweldige wind voortgewoed. Uiteindelik het ons alle hoop laat vaar om gered te word.”  – Handelinge 27:20 (ANV)

VIER LEWENSLYNE IN JOU STORM

  1. Hou vas aan God se beloftes.

“Maar selfs in hierdie omstandighede vra ek julle: Hou moed! Niemand van julle sal sy lewe verloor nie. Net die skip sal vergaan. Verlede nag het daar ‘n engel aan my verskyn van die God aan wie ek behoort en wat ek dien. Die engel het vir my gesê: ‘Moenie bang wees nie, Paulus. Jy moet nog voor die keiser verskyn. En ter wille van jou spaar God in sy goedheid die lewe van almal wat hier saam met jou op die skip is.’ Daarom, hou moed, manne! Ek vertrou op God dat alles net so sal gebeur soos Hy vir my gesê het. Dit is so bestem dat ons êrens op ‘n eiland moet strand.” – Handelinge 27:22-26 (ANV)

“Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.” – Josua 21:45 (ANV)

Watter beloftes van God is daar waaraan jy vashou?                                                                            

“… for He [God] Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. [I will] not, [I will] not, [I will] not in any degree leave you helpless nor forsake nor let [you] down (relax My hold on you)! [Assuredly not!]” – Hebrews 13:5b (AMPC)

  1. Maak inligting bymekaar.

“Hulle het ‘n dieplood uitgegooi en ‘n diepte van ses en dertig meter gekry. ‘n Bietjie verder het hulle weer die dieplood uitgegooi, en toe was dit sewe en twintig meter.” – Handelinge 27:28 (ANV)

  1. Doen moeite met jou geestelike en fisiese dissiplines.

“Net toe dit begin lig word, het Paulus almal aangespoor om te eet …” – Handelinge 27:33-34 (ANV)

“Vandag is dit al veertien dae dat julle in spanning wag sonder om iets te eet. Daarom raai ek julle aan om nou te eet. Julle het dit nodig om gered te word. Niemand van julle sal ‘n haar van sy kop verloor nie.” – Handelinge 27:33b-34 (ANV)

  1. Swem, of gryp ‘n plank.

“… Hy het die mense wat kon swem, beveel om eerste oorboord te spring en land toe te swem. Die ander moes dan volg deur aan planke en ander wrakstukke vas te klou. Op hierdie manier het almal veilig aan land gekom.” – Handelinge 27:43b-44 (ANV)

“Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” – Romeine 5:3b-5 (ANV)