WAAROM NEEM ONS SO MAKLIK AANSTOOT?

“’n Verstandige mens hou sy humeur in bedwang. Hy stel sy eer daarin om ander se oortredings oor te sien.” Spreuke 19:11 (NLV)

WAARMEE VUL JY DIE GAPING?

“Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee.” Spreuke 10:12 (AFR83)

“Toe het ek ‘n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: “Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.”” Openbaring 12:10 (AFR83)

WAT DOEN BESKULDIGINGS?

“As jy mense vergewe wat jou te kort doen of sleg van jou praat, verstaan jy God se liefde

baie goed. Wie iemand altyd verwyt of hom aan sy skuld herinner, verloor gou al sy vriende.” Spreuke 17:9 (DB)

“Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra.” Efesiërs 4:2 (NLV)

AANSTOOT HET ‘N BAIE SLEGTE NADRAAI

JOU LEWE IS TE KORT EN JOU ROEPING TE GROOT OM AANSTOOT TE NEEM

JESUS HET DIE GAPING GEVUL MET LIEFDE EN VERGIFNIS

“Toe Hy beledig is, het Hy nie terugbeledig nie; toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie. Hy het alles oorgelaat aan God wat altyd regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý wonde is julle genees!” 1 Petrus 2:23-24 (NLV)

WAARMEE VUL JY DIE GAPING?

“Dit [die liefde] handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.” 1 Korintiërs 13:5 (AFR83)