“… want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.” 2 Korintiërs 7:10 (AFR83)
“Na verloop van sowat ‘n uur het nog een met beslistheid beweer: “Sowaar, dié en as ook saam met daardie man. Hy is mos ook ‘n Galileër!” Maar Petrus sê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!” En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het daar ‘n haan gekraai. Die Here het omgedraai en Petrus aangekyk. Toe val dit Petrus by wat die Here vir hom gesê het: “Voordat die haan vannag kraai, sal jy My drie maal verloën.” En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.” Lukas 22:59-62 (NLV)
SKULD, SKAAMTE EN SEER IS DIE DUIWEL SE SPEELVELD
Skuld sê: “Ek het foute gemaak.”
Skaamte sê: “Ek is die probleem.”
Skaamte lei tot seer.
JY KAN NIKS AAN JOU VERLEDE DOEN NIE, MAAR GOD KAN JOU TOEKOMS VERANDER
WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN PETRUS EN JUDAS SE SONDE?
“As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.” 1 Johannes 1:9 (NLV)
“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” Filippense 1:6 (AFR83)