“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” – Filippense 4:4 (AFR53)
“Celebrate God all day, every day.” Phillipians 4:4a (MSG)
HOE VERBLY EK MY IN DIE HERE AS DIT DONKER IS OM MY?
“Die Here is ’n skuilplek vir die onderdrukte, ’n toevlug in tye van moeilikheid.” Psalm 9:10 (NLV)
“En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!” Psalm 9:11 (AFR53)
WAT BETEKEN GOD SE NAAM VIR JOU?
1. U is my sterkte
“Here, bly nie vêr van my af nie! U is my sterkte; help my tog gou!” Psalm 22:20 (NLV)
2. U is getrou
“I entrust my spirit into your hand. Rescue me, Lord, for you are a faithful God.” Psalm 31:5 (NLT)
“In u trou antwoord U ons met kragtige dade, o God, ons Verlosser, op wie ook die mense in afgeleë lande en op verre seë vertrou.” Psalm 65:6 (AFR83)
“Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.” Hebreërs 13:5 (NLV)
3. U is by my
“Ons loof U, o God, ons loof U; U is by ons, u magtige dade moet bekend gemaak word.” Psalm 75:2 (AFR83)
4. U is goed vir my
“U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.” Psalm 86:5 (AFR83)
5. U is my God
“U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing.” Psalm 118:28 (AFR83)
GOD SIEN DIT RAAK EN WAARDEER DIT WANNEER MENSE AAN SY NAAM DINK
“Toe het die mense wat die Here baie liefhet, met mekaar oor die Here begin praat. Die Here het baie mooi na hulle geluister. Dit het sy hart geraak. Hy het seker gemaak dat hulle name in sy persoonlike dagboek opgeteken word sodat Hy nooit van hulle vergeet nie.” Maleagi 3:16 (DB)
“Then those whose lives honored God got together and talked it over. God saw what they were doing and listened in. A book was opened in God’s presence and minutes were taken of the meeting, with the names of the God-fearers written down, all the names of those who honored God’s name.” Malachi 3:16 (MSG)