WAT MAAK GOD SE NAAM SO SPESIAAL?
1. GOD SE NAAM WYS VIR ONS DAT HY PERSOONLIK IS
“Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê : ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”
Eksodus 3:14 (AFR83)
2. GOD SE NAAM OPENBAAR SY KARAKTER AAN ONS
JAHWEH-JIREH
“Die Here voorsien” (Genesis 22:14)
JAHWEH-RAPHA
“Ek, die Here wat julle gesond hou” (Eksodus 15:26)
JAHWEH-NISSI
“Die Here gee my die oorwinning” (Eksodus 17:15)
JAWEH-SHALOM
“Die Here gee rus” (Rigters 6:24)
“Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry. Want my juk sal saggies op julle skouers rus en my las is lig om te dra.” Matteus 11:28-30 (NLV)
JAHWEH-TSIDKENU
“Die Here is ons geregtigheid” (Jeremia 33:16)
“Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.” 2 Korintiërs 5:21 (AFR83)
JAHWEH-M’KADDESH
“Ek is die Here wat julle heilig maak” (Levitikus 20:8)
JAHWEH-SHAMMAH
“Die Here is daar” (Esegi l 48:35)
“God is our refuge and strength, a very present help in trouble.” Psalm 46:1 (ESV)
JAHWEH-ROHI
“Die Here is my Herder” (Psalm 23:1)
“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.” Psalm 23:1b (AFR83)