“Skrywe aan die leraar van die gemeente in Laodisea: So s die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. Julle s : “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle o te smeer, sodat julle kan sien. Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes s .” Openbaring 3:14-22 (AFR83)

 

WAT SÊ JESUS VIR DIE GEMEENTE VAN LAODISEA?

“Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.” Openbaring 3:15-16 (AFR83)

 

“Christianity is a statement which if false is of no importance, and if true, of in nite importance. But one thing it cannot be is moderately important!”

– Timothy Keller

TWEE REDES WAAROM LOUHEID SO ALGEMEEN IS IN ONS KULTUUR

1. SELFGENOEGSAAMHEID

“Want jy s : Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.” Openbaring 3:17 (AOV)

2. DIE AFLEIDINGS VAN HIERDIE WÊRELD

“En hulle by wie in die dorings gesaai word – dit is hulle wat die woord hoor, en die sorge van hierdie w reld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.” Markus 4:18-19 (AOV) “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” Openbaring 3:20 (AFR83)