Die Ewigheid - Wat gebeur met jou as jy sterf?

DAAR IS NIKS BELANGRIKER AS DIE EWIGHEID NIE

GOD HET DIE EWIGHEID IN ONS HART GESIT

DRIE DINGE WAT GEBEUR AS JY STERF

1. JOU LIGGAAM STERF

“En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe

en daarna die oordeel …” Hebreërs 9:27 (AOV)

“Julle is soos die oggendmis – dis vir ’n rukkie sigbaar,

en dan is dit weer weg.” Jakobus 4:14b (NLV)

“You are merely a vapor [like a puff of smoke or a wisp

of steam from a cooking pot] that is visible for a little

while and then vanishes [into thin air].” James 4:14b (AMP)

DAAR IS EEN AFSPRAAK WAT JY NIE KAN UITSTEL OF AFSTEL

NIE – DIT IS JOU AFSPRAAK MET DIE EWIGHEID

2. JOU SIEL VERLAAT JOU LIGGAAM

“Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.” Matteus 10:28 (ANV)

“Don’t be bluffed into silence by the threats of bullies. There’s nothing they can do to your soul, your core being. Save your fear for God, who holds your entire life – body and soul – in his hands.” Matthew 10:28 (MSG)

“En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” Lukas 23:42-43 (AOV)

3. ONS ALMAL SAL GEOORDEEL WORD

“En onthou dat die Vader tot wie julle bid, niemand voortrek wanneer Hy beoordeel nie. Hy beoordeel elke mens volgens sy dade. Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, al is julle uitlanders.” 1 Petrus 1:17 (NLV)

DIE TWEE OORDELE

GROOT WIT TROON

“En ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”

Openbaring 20:11-12,15 (AOV)

REGTERSTOEL

“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.” 2 Korintiërs 5:10 (AOV)