“…Here, leer ons om te bid…” – Lukas 11:1b (NLV)
“In Sesarea was daar ’n Romeinse weermagoffisier met die naam Kornelius, ’n offisier oor honderd man van die Italiaanse Regiment. Hy het toegewy aan die God van Israel geleef en het ontsag vir Hom gehad, hy en sy hele huishouding. Hy het baie bydraes vir die armes onder die Joodse volk gegee en hy het deurentyd tot God gebid. Een middag teen drie-uur het hy in ’n gesig duidelik ’n engel van God na hom toe sien kom wat vir hom sê: “Kornelius!” Kornelius het hom aangestaar en bang geword en gevra: “Wat is dit, Meneer?” Die engel het hom geantwoord:
“Jou gebede en wat jy vir die armes doen, het God opgeval! Stuur daarom nou dadelik mans na
Joppe toe en laat daar ’n sekere Simon haal. Sy noemnaam is Petrus. Hy is ’n gas by ’n ander Simon, ’n leerlooier. Sy huis is by die see.” Toe die engel wat met hom gepraat het, vertrek, het Kornelius twee van sy huiswerkers en een van sy lyfwagte, self ’n soldaat wat aan God toegewy geleef het, geroep. Hy het hulle alles vertel en hulle Joppe toe gestuur.” – Handelinge 10:1-8 (NLV)
Wat leer ons van Kornelius?
• Hy was toegewy aan God
• Hy het deurentyd tot God gebid
Ons wil baie keer hê God moet iets nuuts doen maar ons hou aan om dieselfde ou dinge te doen
WAT GEBEUR WANNEER TWEE MENSE BID?
“Die volgende dag, toe Kornelius se afvaardiging al naby die dorp was, het Petrus dakstoep toe gegaan om te bid. Dit was teen twaalfuur die middag, en hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle die ete klaarmaak, het hy in geestesvervoering geraak. Hy het die hemel oop gesien en iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word en afkom grond toe. In die doek was allerhande diere, reptiele en voëls. ’n Stem sê toe vir hom: “Staan op, Petrus! Slag en eet!” “Nooit nie, Here!” het Petrus gesê. “Ek het nog nooit iets wat onrein is, geëet nie.” – Handelinge 10:9-14 (NLV)
WAAR EN WANNEER BID JY?
GEE DAARDIE TREE
“Hulle het die volgende dag in Sesarea aangekom. Kornelius het hulle al verwag en het sy familie en naby vriende reeds saamgeroep. Toe Petrus die huis inkom,…” – Handelinge 10:24-25a (NLV)
“Here, leer ons om te bid”