DIE REALITEIT VAN KERSFEES

“Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.” – Jesaja 7:14 (NLV)

“Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan wat Hom toekom nie, maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe!” – Filippense 2:6-8 (NLV)

DIE REDE VIR KERSFEES

“As God werklikwaar nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal aan die dood oorgegee het, is daar tog geen manier waarop Hy nie ook alle ander goeie dinge aan ons sal skenk nie.” – Romeine 8:32 (NLV)

DIE RESULTAAT VAN KERSFEES

“Maar mag almal wat U dien, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat u verlossing liefhet, gedurig sê: “Die Here is groot!” – Psalm 70:5 (NLV)