“‘n Vrolike mens is soos goeie medisyne. ’n Neerslagtige mens tap jou krag.” Spreuke 17:22 (NLV)
“…my beker loop oor.” Psalm 23:5 (AFR53)
“If you search for good, you will find favor; but if you search for evil, it will find you!” Proverbs 11:27 (NLT)
EK IS OPTIMISTIES WANT …
1. My sonde is vergewe en my ewigheid is veilig
“Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou deur Christus Jesus bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood. – Romeine 8:1-2 (NLV)
2. Jesus is aan die regterhand van God en Hy bid vir my
“Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit.” – Romeine 8:34 (NLV)
“… wat ook vir ons intree.” Romeine 8:34 (AFR53)
“… interceding (with the Father) for us.” Romans 8:34
(AMP)
3. My toekomstige oorwinning is groter as my huidige pyn
“Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie.” – Romeine 8:18 (NLV)
“That’s why I don’t think there’s any comparison between the present hard times and the coming good times. – Romans 8:18 (MSG)
4. My denke word gevul met die vrede van God
“As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.” – Romeine 8:6 (NLV)
5. As God vir my is, wie kan teen my wees?
“Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees?” – Romeine 8:31 (NLV)
6. God se Gees help my in my swakheid.
“Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie.” – Romeine 8:26 (NLV)
“God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.” – Psalm 46:2 (NAV)
“God is our refuge and strength, a very present and well-proved help in trouble.” – Psalm 46:1 (AMP)
7. Die Here laat alles in my lewe ten goede werk.
“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.” – Romeine 8:28 (NLV)
8. Niks kan my skei van God se liefde nie.
“Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.” – Romeine 8:38-39 (NLV)