IS DIT ‘N SONDE OM KWAAD TE WORD?
OM KWAAD TE WORD IS NIE SONDE NIE, MAAR DIT KAN TOT SONDE LEI
“Be angry [at sin – at immorality, at injustice, at ungodly behavior], yet do not sin …” – Ephesians 4:26 (AMP)
“Moenie sondig as jy kwaad word nie. Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ’n houvas gee nie.” – Efesiërs 4:26-27 (NLV)
“Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op die tempelplein koop en verkoop, daar uitgejaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi en vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal ‘n huis van gebed wees,’ maar julle maak dit ‘n rowersnes.” – Matteus 21:12-14 (AFR83)
“Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak.” – Matteus 21:12-14 (AFR83)
Drie dinge wys wat ons by Jesus kan leer in Matteus 21:
1. Jesus het kwaad geword wanneer ander onregverdig behandel is.
2. Jesus het tafels omgekeer, nie mense nie.
3. Wanneer Jesus kwaad geword het, het Hy die siekes genees.
• JESUS WAS NIE GEKENMERK AAN SY WOEDE NIE, MAAR AAN SY LIEFDE
MAG ONS OOK GEKENMERK WORD AAN ONS LIEFDE
“Een van die skrifgeleerdes het hulle hoor redeneer en het nader gestaan. Toe hy sien dat Jesus hulle ‘n goeie antwoord gegee het, vra hy vir Hom: “Wat is die heel grootste gebod?” Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.” – Markus 12:28-31 (AFR83)
“En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” – 1 Korintiërs 13:13 (AFR83)
Hoe lyk jou liefde?
• Jou liefde vir God en jou naaste.
• Word jou lewe gekenmerk deur liefde?