“Jy mag naas My geen ander gode hê nie. Jy mag nie vir jou ‘n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.” – Eksodus 20:3-4 (AFR83)
“Moenie julle eie ondergang soek deur vir julle ‘n afbeelding as afgodsbeeld te maak nie: nie van ‘n man of ‘n vrou nie, nie van enige dier op die aarde of van enige voël in die lug nie, nie van enigiets wat op die aarde kruip of van enige vis in die waters onder die aarde nie. Wanneer julle na die hemelruim opkyk, die son, die maan en die sterre, enige hemelliggaam, moet julle nie julle hoop op hulle vestig nie. Moet julle nie laat verlei om hulle te vereer en te dien nie. Die Here julle God het hulle toegeken aan al die volke op die aarde.” – Deuteronomium 4:16-19 (AFR83)
JESUS VRA ‘N BELANGRIKE VRAAG IN MATTEUS 16
“Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?” – Matteus 16:26 (AFR53)
“For what will it profit a man if he gains the whole world [wealth, fame, success], but forfeits his soul? Or what will a man give in exchange for his soul?” – Matthew 16:26 (AMP)
HOE ONTROON JY DIE AFGODE VAN JOU SIEL?
1. Wat is die afgode van jou siel?
“Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” – Spreuke 29:25 (NLV)
“Hoe klink dit vir julle? Wil ek in mense se goeie boekies kom? Of wil ek God tevrede stel? Probeer ek mense gelukkig maak? As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, is ek nie ’n dienskneg van Christus nie.” – Galasiërs 1:10 (NLV)
2. Breek jou afgode af.
“Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Gaan vat jou pa se tweede beste bul, die een wat sewe jaar oud is. Breek jou pa se altaar vir Baäl af. Kap die gewyde paal vir Asjera daar langsaan af.” – Rigters 6:25 (NLV)
3. Vul jou siel met God.
“My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.” – Psalm 84:3 (AFR53)
“… want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.” – Psalm 107:9 (AFR53)
“Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en Ps. voor die aangesig van God verskyn?” – Psalm 42:2-3 (AFR53)