“Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe. Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by. Skielik het daar ‘n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het ‘n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”” – Markus 4:35-41 (NAV)
WAT MOET EK EN JY DOEN AS ONS IN ‘N STORM IS?
- As jy in ‘n storm is, beteken dit nie Jesus is afwesig nie.
“Skielik het daar ‘n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”” – Markus 4:37-38 (NAV)
“Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” – Johannes 16:33 (NAV)
“God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.” – Psalm 46:2 (NAV)
“God is a safe place to hide, ready to help when we need him. We stand fearless at the cliff-edge of doom, courageous in seastorm and earthquake, Before the rush and roar of oceans, the tremors that shift mountains.” – Psalm 46:1-2 (MSG)
“God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”” – Hebreërs 13:5b (NAV)
- God wil Sy doel met jou bereik in ‘n storm.
“My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.” – Jakobus 1:2-4 (NLV)
“Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het ‘n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?” Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”” – Markus 4:39-41 (NAV)