“En die profete-seuns het vir Elísa gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou. Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan ’n balk gaan haal, dat ons daar vir ons ’n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan. Maar een sê: Gaan tog asseblief saam met u dienaars. En hy antwoord: Ek sal gaan. En hy het saam met hulle gegaan. En toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome omgekap. Maar terwyl een die balk kap, val die yster in die water …” – 2 Konings 6:1-7 (AOV)
“… en hy roep uit en sê: Ag, my heer, dit is nogal geleen!” – 2 Konings 6:1-7 (AOV)
“En die man van God vra: Waar het dit geval? En toe hy hom die plek wys, het hy ’n stok afgesny en dit daarheen gegooi en die yster bo laat drywe. En hy sê: Haal dit nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en dit geneem.” – 2 Konings 6:1-7 (AOV)
“En die man van God vra: Waar het dit geval?” – 2 Konings 6:6a (AOV)
“En toe hy hom die plek wys, het hy ’n stok afgesny en dit daarheen gegooi en die yster bo laat drywe. En hy sê: Haal dit nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en dit geneem.” – 2 Konings 6:6b-7 (AOV)
“En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog vêr was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ’n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.” – Lukas 15:20-24 (AOV)
“Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur. Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.”” – Joël 2:25-26 (NLV)
“God, your God, will restore everything you lost; he’ll have compassion on you; he’ll come back and pick up the pieces from all the places where you were scattered. No matter how far away you end up, God, your God, will get you out of there and bring you back to the land your ancestors once possessed. It will be yours again. He will give you a good life and make you more numerous than your ancestors.” – Deuteronomy 30:3-5 (MSG)