“Elia het van daar af vertrek en Elisa seun van Safat teëgekom waar hy besig was om met twaalf spanne van twee osse elk ’n landery om te ploeg. Hy was besig om met die twaalfde span te ploeg. Elia het na hom toe geloop en sy mantel oor sy skouers gegooi. Elisa het die osse net daar laat staan en agter Elia aangehardloop. Hy sê vir hom: “Laat ek tog net my pa en ma groet, dan sal ek saam met u gaan.” Elia antwoord hom: “Gaan maar! Ek staan nie in jou pad nie!” Elisa het toe teruggegaan en twee osse geslag. Hy het die jukke opgekap vir brandhout en die vleis gebraai. Hy het die vleis gegee aan die ander wat saam met hom geploeg het en hulle het geëet. Daarna het hy saam met Elia gegaan en sy volgeling geword.” – 1 Konings 19:19-21 (NLV)
1. Jy hoef nie alles ten volle te verstaan nie!
“Elisa het die osse net daar laat staan en agter Elia aangehardloop. Hy sê vir hom: “Laat ek tog net my pa en ma groet, dan sal ek saam met u gaan.” Elia antwoord hom: “Gaan maar! Ek staan nie in jou pad nie!” – 1 Konings 19:20 (NLV)
2. Die mense wat God gebruik, is hulle wat bereid is om groot opofferings te maak.
“Elisa het toe teruggegaan en twee osse geslag. Hy het die jukke opgekap vir brandhout en die vleis gebraai. Hy het die vleis gegee aan die ander wat saam met hom geploeg het en hulle het geëet. Daarna het hy saam met Elia gegaan en sy volgeling geword.” – 1 Konings 19:21 (NLV)
WAT IS DIE JUKKE WAT JY MOET BRAND?