REEKS: Die God van oop deure
TEMA: Hoe lyk jou oop deur?
“Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.” – Johannes 3:8 (NAV)
“Op ‘n dag toe Jesus langs die Gennesaretmeer staan en die skare vorentoe beur om die woord van God te hoor, sien Hy twee skuite aan die kant van die meer lê. Die vissers het uitgeklim en was besig om die nette uit te spoel. Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit ‘n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer.
Toe Hy klaar gepraat het, sê Hy vir Simon: “Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang.” “Meneer,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi.”
En toe hulle dit doen, het hulle so ‘n groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur. Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is ‘n sondige mens.” Hy en almal wat saam met hom was, was stom verbaas oor die groot klomp vis wat hulle gevang het. Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Toe sê Jesus vir Simon: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” En nadat hulle die skuite op die strand getrek het, het hulle alles net so laat lê en sy volgelinge geword.” – Lukas 5:1-6;8-11 (NAV)
- Oop deure is nie altyd maklik nie.
“Ek sal egter tot pinkster in Efese bly, want hier staan ‘n groot en belangrike deur vir my oop, maar hier is ook baie teenstanders.” 1 Korintiërs 16:8-9 (NAV)
- Oop deure vra gehoorsaamheid van ons.
- Oop deure lei soms na volgende oop deure.